Danie
Kursus gedoen Maart 2012
As ‘n Afrikaanse persoon van die Noord Kaap skryf ek die terugvoer verslag in Afrikaans.
Ek wil die personeel van die SADTC bedank vir ‘n wonderlike kursus. Dit is van Chris tot Oom Johannes. Vir die gasvryheid en vriendelikheid wat die personeel bied. Wat hulle ons van honde geleer het was wonderlik. Die kennis wat Chris en Christine vir ons oorgedra het kom van jare se ondervinding. Dit behels ook nie net die kennis van hond nie. Hulle leer jou ook om jouself te vind. Mens kom agter dat jy nederig en klein is in die lewe. Hulle leer jou ook mense kennis. Wat ek ook ondervind het is die hegte band van ‘n gelukkige en ondersteunende familie. Soos Chris heeldag sê. Hondemense bly nederig en opreg.+
Die instukteur kursus beveel ek ten sterkste aan. Enige persoon wat ‘n passie het vir honde en om dit ‘n lewenstyl wil maak, beveel ek aan om die kursus te doen. Die werk en opleiding is uiters professioneel. Die standaard is hoog en baie interesant. Ons het geleer en lekker gelag en die tyd geniet.
Magda se gastehuis beveel ek aan. Die kos is heerlik.
Dankie aan Chris en Christine. Julle is Wonderlike hondemense.
Danie